Waar Ons Werk
AFRIKA
Die vooruitgang van Islam en tradisionele godsdienste in Afrika plaas Christene in baie moeilike omstandighede. Die Kerk benodig moet toegerus word om hierdie uitdagings te oorkom of anders sal die stryd vir die harte en gedagtes van Afrikane verloor word. Geopende Deure mik om van Afrika se toekomstige Christenleiers op te lei en hulle te voorsien met die nodige sleutels om hierdie kontinent tot geloof in Christus te bring. Ons het dit ook ten doel om te verseker dat hierdie nuwe Christene die Bybel en ander Christelike literatuur, wat hulle benodig om te groei in hulle geloof, ontvang en sodoende op hul beurt Sy Woord versprei in hul gemeenskappe!
SENTRAAL-ASIË
Die Kerk in hierdie area staar ernstige beperkinge in die gesig. Christene het baie min vryheid en in sommige gevalle is dit onwettig vir hulle om mekaar te ontmoet. Christene staar verwydering, diskriminasie, tronkstraf en marteling vir hul getrouheid aan Christus. Daar is 'n groot behoefte aan inheemse kerkleierskap sowel as dissipelskap binne inheemse kontekste. Daar is ook 'n groot gebrek aan Skrif en geestelike literatuur in inheemse tale.
CHINA
Hoewel die regering die druk van 'n aantal Bybels binne China goedgekeur het, bly die behoefte aan Bybels baie groot. In afgeleë dele van China is daar nog baie huiskerkgelowiges wat nie 'n Bybel besit nie. Daar is ook 'n desperate behoefte aan opgeleide leiers omdat swak toegeruste gelowiges maklik swik onder die dwaallering van kultusse.
SUIDOOS-ASIË
Christene in Suidoos-Asië het te doen met heelwat vyandigheid van ekstremistiese Moslems, Boeddhiste en Hindoes in hierdie streek. Hierdie groepe wil toenemend, so veel as moontlik Christelike aanbidding en getuienis deur middel van wetgewing, intimidasie en diskriminasie beperk. Dit is besig om ʼn groot uitdaging te raak om 'n dissipel van Christus te bly in hierdie streek. Christene staar diskriminasie, beperkings, die toesluit van kerke, tronkstraf en marteling vir hulle geloof in die gesig.
LATYNS-AMERIKA
Christene in Latyns-Amerika trotseer revolusionêre, dwelmhandelaars en godsdienstige ekstremiste in konflikte. Christene is dikwels vasgevang in die kruisvuur tussen hierdie strydende faksies. Versuim om kant te kies tussen die groepe lei dikwels tot gevangenisstraf op valse aanklagtes of selfs die dood. In Meksiko word Christene vervolg omdat hulle nie deelneem aan die tradisionele rituele wat voorgeskryf word deur opperhowe nie. Hulle word ook dikwels valslik beskuldig van misdade omdat hulle weier om Christus te ontken.
DIE MIDDE-OOSTE
Die Midde-Ooste is die geboorteplek van die Christelike Kerk. Tog is die Kerk vandag, in sommige gebiede, byna uitgewis as gevolg van Islamitiese druk. Die agteruitgang van die Kerk en die Islamitiese herlewing wat groei dwarsdeur die Midde-Oosterse lande is kommerwekkend vir Geopende Deure. Ons visie is om die Kerk in die Midde-Ooste te versterk, en Christene toe te rus om die sout en die lig in hulle deel van die wêreld te wees, asook om hul aan te moedig om in hulle lande te bly en nie die gebied sonder 'n Christelike getuienis te laat nie.