Ons Missie
Visiestelling
Geopende Deure strewe om die Liggaam van Christus, in vervolgde lande, te versterk en toe te rus deur:
- Die voorsiening van Bybels en literatuur, media, leierskapsopleiding, sosio-ekonomiese ontwikkeling en voorbidding;
- Die Liggaam van Christus wat in bedreigde en onstabiele areas woon, voor te berei op vervolging en lyding;
- Die Liggaam van Christus in die vrye wêreld te mobiliseer en toe te rus om met bedreigde en vervolgde Christene te identifiseer en aktief betrokke te raak om hulle te ondersteun.
Ons doen dit omdat ons glo dat as een lid ly, ly al die lede saam (1 Kor. 12:26), alle deure is oop en God maak dit moontlik vir Sy Liggaam om die hele wêreld in te gaan en die evangelie te verkondig.
Geloofsbelydenis
Ons glo in God die Vader, die Almagtige, die Skepper van hemel en aarde,
En in Jesus Christus, sy eniggebore Seun, ons Here; wat ontvang is van die Heilige Gees, gebore is uit die maagd Maria; wat gely het onder Pontius Pilatus, gekruisig is, gesterf het en begrawe is en ter helle neergedaal het; wat op die derde dag weer opgestaan het uit die dode; wat opgevaar het na die hemel en sit aan die regterhand van God, die almagtige Vader; van waar Hy sal kom om te oordeel die wat nog lewe, en die wat reeds gesterf het.
Ons glo in die Heilige Gees; ons glo aan 'n heilige, algemene Christelike kerk, die gemeenskap van die heiliges, die vergewing van sondes, die opstanding van die vlees en in 'n ewige lewe.