Boy peeking around door

Wat Ons Doen

Gelukkige Ontvangers van Bybels

Visiestelling

Die doelwit van Geopende Deure is om die Liggaam van Christus, wat vervolging of beperking weens hulle geloof in Christus ervaar, te versterk en toe te rus, en om hulle te bemoedig om betrokke te raak by wêreldevangelisasie.

Lees Verder 
 
Aardbol

Waar Ons Werk

Ons dien vervolgde Christene regoor die wêreld. Ons gaan waar ander nie gaan nie, en doen wat ander nie doen nie. Ons visie is nie 'n mededingende visie nie: as ander die werk reeds doen, laat ons dit aan hulle oor. Ons wil ons hulpbronne konsentreer op die behoeftigste dele van die wêreld.


Lees Verder 
Deelnemers aan 'n jeugkamp in Viëtnam

Wat doen ons?

Die vervolgde Kerk het verskeie behoeftes en daarom dien Geopende Deure hierdie deel van die Liggaam op baie verskillende maniere. Onder andere voorsien ons: Bybels en literatuur, bedieningsopleiding, geletterdheidskursusse, praktiese hulp, teenwoordigheid en aanmoediging.


Wat Jy Kan Doen 
Broer Andrew en Volkswagen

Ons Geskiedenis

Andrew van der Bijl, 'n jong Nederlandse sendeling is genooi om 'n Kommunistiese Jeugfees by te woon in 1955 in Pole. In sy tas het hy Christelike leesstof gedra, bedoel vir gelowiges in Warschau. Wat hy agter die Ystergordyn gevind het, was 'n Kerk met ʼn dringende behoefte aan ondersteuning en Bybels. Dit is in hierdie oomblik dat God Broer Andrew, soos wat hy oor die algemeen bekendstaan, geroep het deur die woorde van Openbaring 3:2, "Word wakker en versterk die wat oorbly, wat op die punt staan om te sterwe…"


Lees Verder 
Samesang

Geopende Deure Geleenthede

Lees meer oor Geopende Deure geleenthede wat in jou area plaasvind. Ons voorsien jou van die datum, tyd en 'n kaart om jou weg te vind.


 

Vind Geleenthede