Islamitiese Ekstremiste Onthoof Nog 'n Bekeerling in Somalië
Nairobi, Kenia, 8 Februarie (Compass Direct News)Islamitiese ekstremiste van die al Shabaab rebelle burgermag in Somalië het ’n Christen op die buitewyke van Mogadishu onthoof verlede maand , het bronne gesê. Die strydlustiges wat die stryd teen die tussentydse regering in Mogadisjoe veg, het Zakaria Hussein Omar, 26, op 2 Januarie in Cee-carfiid dorp, sowat 15 kilometer (nege myl) buite die hoofstad van Somalië vermoor, het hulle gesê. Omar het vir ’n Christelike humanitêre organisasie gewerk wat al Shabaab verlede jaar verban het. Sy liggaam het vir 20 uur net daar gelê voordat nomades dit gevind het en na Mogadisjoe gedra het, het ’n goeie vriend gesê.
“Hy het verlede jaar aan my genoem dat sy lewe in gevaar was toe die NRO [Nie-Regerings Organisasie] vir wie hy gewerk het deur die al Shabaab verban is,” het die vriend aan Compass vertel. “Een van die persone wat hom gesien het, het gesê: ‘Dit is die jong man wat in Ethiopië gewoon het, en die mense het gesê dat hy Islam verlaat het vir Christenskap.’”
Omar het sewe jaar gelede tot bekering gekom terwyl hy in Ethiopië by familie gewoon het. Hy het in 2008 teruggekeer na Somalië en sy universiteitsopleiding in 2009 met ’n graad in Rekeningkunde voltooi. Omar het in die laaste deel van 2010 getrou. Hy word oorleef deur sy vrou, sy ouers (oorspronklik van sentraal-Somalië), ’n broer en vier susters.
Om die volledige artikel in Engels te lees, klik hier.
BronCompass Direct News
VertalerGeopende Deure