Vrouebediening
Onthou hulle!

"Onthou die woord wat Ek vir julle gesê het: 'n Dienskneg is nie groter as sy heer nie. As hulle My vervolg het, sal hulle julle ook vervolg. As hulle my woord bewaar het, sal hulle julle woord ook bewaar.”
-Joh. 15:20-
Leer by hulle!

Die vroue van die vervolgde Kerk kan ons waardevolle lesse leer oor hoe om aan te hou en uit te hou wanneer die lewe moeilik raak!
Deur ons Vrouedediening streef Geopende Deure daarna om die gaping tussen vroue in die vervolgde Kerk en vroue in die vrye wêreld te oorbrug. Ons kan baie by hulle leer!
Ons sal jou voorsien van hulpbronne om jou in te lig en te help soos wat jy sy aan sy saam met die vroue van die vervolgde Kerk stap.
Maak ʼn verskil!

Deur gebed – Jy kan by ʼn gebedsgroep aansluit of sommer self een begin vandag. Of jy nou ʼn hele groep vroue het wat bid en of daar net 2 of 3 is wat saam wil bid, julle kán effektief bid vir vervolgde Christene. Ons sal jou hul stories vertel sodat jy hul behoeftes kan verstaan. Nooi jou vriende, bure en lede van jou kerk om saam met jou te bid.
Sluit aan by ʼn gebedsgroep – Begin ʼn gebedsgroep
Deur te dien as ʼn kontakpersoon in jou area – As ʼn kontakpersoon sal ons jou toerus met al die nodige inligting om ʼn stem te wees vir vervolgde vroue. Jou taak sal wees om hierdie inligting na soveel groepe as moontlik te versprei in jou area en om hulle te motiveer om gebedsgroepe te begin.
Deur te gee – Jou donasie sal gaan om vervolgde vroue te ondersteun.
Reis saam – Jy kan saam met ʼn Geopende Deure span die vroue van die vervolgde Kerk besoek.
Skryf ʼn brief – Bemoedig vervolgde vroue deur briewe aan hul te skryf of kaartjies te stuur
Skryf 'n brief