Hoe om te begin…
Daar is niks wat so baie beteken vir 'n persoon wat in nood verkeer as 'n bietjie aanmoediging nie. Dit maak nie saak of ʼn woord van bemoediging lank of kort is nie, dit het die mag om te genees, te troos en te motiveer. Wanneer jy eensaam is, verlies ervaar of behoefte het, kan woorde so 'n pynlike situasie omskep in een waarin jy kan moed skep. Woorde van bemoediging kan dien as 'n troos in tye van eensaamheid. Briewe van bemoediging kan ʼn steunpilaar wees om aan vas te hou wanneer daar niemand anders is nie.
Hier is 'n paar eenvoudige riglyne wat jou sal help wanneer jy jou briewe en kaartjies skryf:
Bid voor jy begin – Vra dat God jou die regte woorde sal gee om neer te skryf.
Deel God se Woord – Deel Bybelverse wat jy bemoedigend vind.
Wees sensitief – Moet asseblief nie fokus op die ontvanger se moeilike omstandighede, of die baie seëninge wat die lewe in jou eie land inhou nie.
Vertaling – Skryf in eenvoudige Engels.
Hou dit kort en eenvoudig – Posgeld vir kort briewe is minder en 'n kort brief is ook makliker om te vertaal vir ontvangers wat nie Engels magtig is nie.
Jy mag gerus jou besonderhede insluit – dit is aanvaarbaar om jou naam en jou land se naam in te sluit, maar moet asseblief nie jou volle adres of e-posadres insluit nie.
Sekuriteit – Moet asseblief nie melding maak van Geopende Deure in jou briewe nie. Vermy dit ook om ʼn land se godsdiens of godsdienstige ekstremiste, ʼn land se regering, regstelsel of politieke leiers te kritiseer.
Poskaarte – Indien jy van 'n poskaart gebruik maak, stuur dit in 'n koevert eerder as om Geopende Deure se adres op die poskaart te skryf.
Handgemaakte kaartjies – Indien jy 'n Sondagskoolonderwyser/es of jeuggroepleier is, kan die maak van kaartjies 'n goeie manier wees vir jonger mense om betrokke te raak by die vervolgde Kerk en om iets vir hulle te doen. Let asseblief daarop dat enige kaartjies of foto's wat gestuur word, klein en lig moet wees en nie te broos om te pos nie.
Geskenke – Moet asseblief nie geld stuur of enige aanbod van finansiële steun maak nie.
SKRYFVELDTOGTE WAT OP DIE 31STE DESEMBER 2011 GEËINDIG HET:
Die volgende skryfveldtogte het geëindig, so moet asseblief nie verder kaartjies of briewe aan hulle skryf nie:
ETHIOPIË: Martha Geleta & children
SRI LANKA: Shiromi & Seradh
COLOMBIË: Gloria, Pipe & Ingrid
UGANDA: Irene & children
Sodra jy jou brief gepos het, onthou asseblief om te bid vir die persoon vir wie jy geskryf het. Jou gebede maak werklik 'n verskil!
BID DAT:
- Jou brief veilig by sy bestemming sal aankom.
- Die ontvanger geseënd sal wees deur dit wat jy geskryf het en opgebeur sal word deur die wete dat jy vir hulle bid (Romeine 15:30).
- God die ontvanger krag sal gee om te volhard, en dat hulle God se deernis en genade sal aanvoel (Jacobus 5:11).
Om Christenbroers en -susters te ontmoet wat jou woorde van bemoediging sal waardeer…
Klik Hier