Geheime Kinders
Die vergete slagoffers van die vervolgde Kerk.
Dit is ons wens dat die kinders van die vervolgde Kerk deur jou, hulle wêreldwye Christenfamilie, liefgehê en ondersteun moet word. Maar ons wil ook hê dat jy meer van hulle leer… juis daarom het ons ʼn Wêreldgebedskaart ontwerp.
In elke maand se nuusbrief, gaan ons ʼn getuienis en gebedsversoeke rakende ʼn kind in ʼn geslote land met jou deel. Jy kan ook die foto van die kind uitknip wat saam met elke artikel gepubliseer gaan word. Bestel jou Wêreldgebedskaart (teen R20) by ons kantoor (skakel 011 888 9341) of aanlyn en maak seker dat jy elke foto en al die gebedsversoeke versamel. Ons wil jou uitdaag om elke foto uit te knip en dit op die Wêreldgebedskaart te plak op die spesifieke plekkie wat daarvoor aangedui word.
Ons bid dat jy aan die einde van hierdie projek ʼn beter begrip sal hê van wêreldwye vervolging, asook hoe kinders daagliks deur vervolging geraak word.
Belê vandag in ʼn Wêreldgebedskaart, aangesien hierdie projek eers in 2012 beëindig gaan word.
Uit die monde van Geheime Kinders:
Mei 2011 - Hulle word Verstoot- Lees die storie van Ahmed, van Oesbekistan.
Junie 2011 - Hulle word Verwerp - Lees die storie van Yati, van Indonesië.
Julie 2011 - Hulle word Weggegooi - Lees die storie van Jong-Cheol, van Noord-Korea.
Augustus 2011 - Hulle word Ontwortel - Lees die storie van Leah, van Irak.
September 2011 - Hulle word Benadeel - Lees die storie van Ananias, van Colombië.
November 2011 - Hulle word baie dinge Ontneem - Lees die storie van Xiao-Ming, van China.
Januarie 2012 - Hulle is Kwesbaar - Lees die storie van Rika, van Pakistan.
Wêreldgebedskaart