BIBLEGIVERS 2012
 

BIBLEGIVERS

Is jy 'n atleet met 'n passie en liefde vir die vervolgde Kerk? Is jy bereid om saam met Geopende Deure te staan en te hardloop, te swem, te stap, of fiets te ry, ten einde om 'n Bybel in die hand van 'n vervolgde gelowige te plaas in 'n geslote land?

Hoe werk dit?

  1. REGISTREER VIR ʼn REISIES: Besluit waaraan jy graag wil deelneem en registreer daarvoor. (Bv. indien jy beplan om aan die Twee Oseane Marathon deel te neem, besoek www.twooceansmarathon.org.za en registreer. Jy sal ʼn reisiesnommer ontvang wat jy byderhand moet hou vir die volgende stap.)
  2. REGISTREER BY GEOPENDE DEURE: Sodra jou Geopende Deure registrasie verwerk is sal jy ʼn borgnommer ontvang, asook ʼn brief wat jy aan potensiale borge kan gee.
  3. WERF BORGE: Vra vir individue, jou kerk of jou selgroep om jou te borg vir die spesifieke reisies waaraan jy gaan deelneem. Borge sal hul geldelike skenkings direk aan Geopende Deure kan oorbetaal. (Die nodige inligting hiervoor sal voorsien word in die registrasiebrief wat aan jou gestuur sal word.)
  4. OEFEN VIR DIE REISIES: Om te oefen is natuurlik een van die belangrikste dinge voor ʼn reisies, maar moenie vergeet om borge in te samel terwyl jy oefen nie!
  5. GENIET DIE REISIES: Maak ʼn groot verskil deur jou reisies vir die vervolgde Kerk te voltooi.

Moenie die uitdaging misloop nie. Registreer vandag by Geopende Deure en wees ʼn BIBLEGIVER!

Maak asseblief seker dat jy jou reisiesnommer byderhand het om te registreer.

Ek wil vandag registreer!