Gereelde Vrae

Wat is Geopende Deure Suid-Afrika?

Geopende Deure is 'n internasionale, nie-winsgewende bediening wat ondersteuning en versterking aan vervolgde Christene verleen. Ons doel in Geopende Deure Suid-Afrika is om nouliks saam te werk met vervolgde gelowiges wêreldwyd, hul te versterk en te bemagtig om op hul beurt, uit te reik in liefde na hulle bure. Deur die verskaffing van inligting hoop ons om gelowiges in Suid-Afrika te inspireer en te betrek in die bou van diep en blywende verhoudings binne die Liggaam van Christus en te voorsien aan die voortdurende behoeftes van vervolgde Christene.

Wat is Geopende Deure Suid-Afrika se Missiestelling?

Geopende Deure strewe om die Liggaam van Christus, in vervolgde lande, te versterk en toe te rus deur:

  • Die voorsiening van Bybels en literatuur, media, leierskapsopleiding, sosioëkonomiese ontwikkeling en voorbidding;
  • Die Liggaam van Christus wat in bedreigde en onstabiele areas woon, voor te berei op vervolging en lyding;
  • Die Liggaam van Christus in die vrye wêreld te mobiliseer en toe te rus om met bedreigde en vervolgde Christene te identifiseer en aktief betrokke te raak om hulle te ondersteun.

Ons doen dit omdat ons glo dat as een lid ly, ly al die lede saam (1 Kor. 12:26), alle deure is oop en God maak dit moontlik vir Sy Liggaam om die hele wêreld in te gaan en die Evangelie te verkondig.

Wat is vervolging en hoeveel Christene ervaar dit?

Al is dit soms moeilik om die verskil te identifiseer tussen vervolging en die alledaagse ongerief van om te lewe in 'n wêreld wat Christenskap vyandiggesind is, is daar duidelike faktore wat ʼn rol speel in die identifisering van vervolging.

Vervolging vind plaas wanneer gelowiges die beskerming van godsdiensvryheid ontken word, bekering tot Christenskap verhinder word as gevolg van wetlike of sosiale bedreigings, fisies aangeval of vermoor word vanweë hulle geloof, gedwing word om hul werk of huis te verlaat as gevolg van geweldadige dreigemente, of in die tronk gegooi word en ondervra word omdat hul weier om hul geloof te verraai.

Meer as 100 miljoen Christene wêreldwyd ervaar vervolging in die vorm van ondervraging, inhegtenisname, en selfs soms die dood vir hulle geloof, terwyl miljoene meer diskriminasie en vervreemding in die gesig staar. Geopende Deure werk saam met en versterk hierdie gelowiges in meer as 45 van die mees geslote lande regoor die wêreld.

Wat van die Geopende Deure Logo?

Die Ichthus simbool is gebruik as 'n geheime vorm van kommunikasie tussen die vervolgde gelowiges van die vroeë kerk in die Romeinse katakombes. Hulle het dikwels die Ichthus-simbool in die grond geteken om hulself aan medegelowiges te identifiseer. Geopende Deure se gespesialiseerde missie is om die vervolgde Kerk wêreldwyd te dien. Die Ichthus-teken maak dadelik hierdie verbinding duidelik.

Die Doringdraad verteenwoordig mense in die tronk of arbeidskampe; mense wat hul vryheid verloor het. Ons by Geopende Deure is geroep om ons broers en susters, wat agter doringdraad leef, as gevolg van hul geloof in Jesus Christus, te dien. Die kombinasie van die doringdraad en die vis, saamgevleg, maak dit baie uniek. Dit identifiseer die mense wat ons wil dien, Christene (vis), terwyl dit terselfdertyd hulle gebrek aan vryheid (doringdraad) duidelik maak.

Vervolging was en is 'n konstante metgesel van die Kerk deur die eeue (Ichthus-simbool). Die Rots is 'n Bybelse konsep. Die woord "rots" is dikwels figuurlik gebruik in die Bybel in verwysing na Christus. As Rots, is God die Skepper, gee Hy Sy mense krag, verdedig Hy hulle en voorsien Hy hulle van 'n toevlug asook verlossing. In die Nuwe Testament is Christus die Rots uitwie die Gees van die lewe vloei, Hy is die fondament van die Kerk en haar hoeksteen.

Die kerwing in die Rots. Om ʼn teken in rots uit te kap is nie maklik nie. Dit neem tyd en deursettingsvermoë. Dit is harde werk. Dit herinner ons aan die hardloop van 'n marathon. Om Christus te volg is 'n voortdurende proses en volharding word benodig.