Children's Illustrated Bible
 

Verskeie maniere om te gee

Daar is verskeie maniere waarop u 'n skenking kan maak aan Geopende Deure vir die fisiese en geestelike ondersteuning wat ons aan ons vervolgde familie bied.

Debietorder

Die gerieflikste manier om op 'n gereelde basis 'n donasie te maak, is deur middel van 'n debietorder. 'n Debietorder vir so min as R30 kan 'n Kinderbybel 'n maand in die hand van ʼn vervolgde gelowige plaas, in 'n geslote lande van jou keuse. R60 'n maand kan 'n Studiebybel voorsien aan ʼn vervolgde Chinese Christen.

Internet Oorplasing/ EFT

Weens die kostes verbonde aan debietorders, bly 'n Internet oorplasing (of EFT) steeds die mees koste-effektiewe en gerieflike manier om ʼn bydrae te maak tot die werk van Geopende Deure. Indien u 'n Internet oorplasing doen, is dit noodsaaklik om die verwysingsnommer te gebruik wat ons aan u sal voorsien, wanneer u ons kontak per telefoon, faks of e-pos. Die verwysingsnommer help ons om u donasie te identifiseer en 'n kwitansie uit te reik.

Ons bankbesonderhede is beskikbaar aan die onderkant van hierdie webbladsy.

Aanlyn Donasie

U kan 'n aanlyndonasie maak deur te klik op die "Skenk Nou"-knoppie wat verskyn aan die bokant van ons webblaaie.

Tjek

U kan 'n tjek aan Geopende Deure pos by Posbus 1771, Cresta, 2118. Sluit asseblief u naam en posadres in sodat ons 'n kwitansie aan u kan uitreik.

Direkte Deposito

U is welkom om 'n direkte deposito in die Geopende Deure rekening te maak by u naaste bank. Sien ons bankbesonderhede hieronder.

Ons Kontak Inligting

Ons Kontakinligting

 

Geopende Deure
Posbus 1771
Cresta
2118

T (011) 888 9341
F (011) 888 9362
E southafrica@od.org

Ons Bankbesonderhede

 

ABSA Northcliff
Geopende Deure
Rekeningnommer: 160.340.568
Taknommer: 632005